DIE  GESKIEDENIS VAN

 

UILENKRAALSMOND

Deur

 

Oom Christie Fick
Plot No.500 Uilenkraalsmond

 

 

INDEX.. 1

BESTAAN VAN UILENKRAALSMOND ... 4

PLETTENBERG HUISE ... 5

RIVIERMONDING ... 5

HUUR VAN DIE WINKEL ... 5

TOEGANGSHEK TOT DIE STRANDGEBIED ... 5

ELEKTRISITEITSVOORSIENING ... 6

WATERVOORSIENING ... 6

AFBAKENING VAN PERSELE ... 6

STRANDHUISE / CHALLETTS ... 7

BEGROTING ... 7

UITLEG ... 7

ABLUSIEGERIEWE ... 8

SMOUSE ... 8

DANSPLEK ... 8

ANDER ... 8

BOUREGULASIES ... 8

ONTSPANNINGSAAL ... 8

LEUNHUISE ... 9

STRAATNAME ... 9

ELEKTRISITEIT ... 9

RIOOLAANLEG ... 9

STRANDLIGTE ... 10

SEKURITEIT ... 10

BOUBELEID ... 10

BOULYNE ... 10



BEHOEFTE ...

 

Daar is vir ’n geruime tyd die behoefte om die geskiedenis van hierdie pragtige oord vas te lę vir die nageslag.

 

Het u byvoorbeeld geweet dat:

        die eerste vier strandhuise (chalets) eers in November 1971 goedgekeur en in 1972 gebou is?

        die eerste volwaardige ablusieblokke eers teen die einde van 1972 opgerig is?

        die oord uitgelę is op die uitspanning van die plaas Uilenkraalsrivier 708?

        dat daar, volgens ou verslae,  reeds sedert einde van 1971 sowat 10 000 mense elke jaar einde op Uilenkraalsmond kom vakansie hou?

 

Om al die statistiese gegewens van die oord na te vors is ’n massiewe taak en daar sal  nog in die argiewe gesoek moet word. Ons het reeds met hierdie taak begin, maar besef dat dit nog sowat twee tot drie jaar in beslag sal neem.

 

Die Kampkomitee besef maar te goed dat die geskiedenis van hierdie oord nie net lę in die statistiese feite nie, maar eerder in die wel en weë van mens wees. Dit lę vasgevang in die harte en gedagtes van mense wat reeds van kindsbeen af hier kamp en vakansie hou. Om die rede is die Kampkomitee besorg oor die feit dat mense oor ’n klompie jare net nie meer beskikbaar sal wees om van al hulle wedervarings te vertel nie!

 

Ons beoog om die geskiedenis van Uilenkraalsmond in boekvorm saam te stel en te verkoop. Dit sal  maklik leesbaar en verstaanbaar wees. So ’n boekie sal ’n kleinood wees in elkeen se huis vir wie Uilenkraalsmond eintlik ’n rusplek langs die pad geword het.

 

Deur middel van die Nuustak wil ons ’n beroep doen op enige iemand wat graag sy/haar storie te vertel het. U kan met enige lid van die Kampkomitee  skakel sodat onderhoude gereël kan word. Die inligting sal aan die skrywer oorhandig word vir moontlike opname in die boek.

 

Hier is werklik ’n gulde geleentheid vir diegene wat wil meehelp met die skrywe van geskiedenis.  – Laat dus  maar gerus van u hoor!

 

BESTAAN VAN UILENKRAALSMOND ...

 

Gedurende die 1700-jare is ’n proklamasie deur die destydse Kaap-Hollandse Regering uitgevaardig waarmee die Uitspanning van die plaas Uilenkraalsrivier 708 tot stand gekom het.

 

Die huidige Ingangs-  en Uitspanningswyke was destyds gebruik vir ’n uitspanning vir transsportryers en smouse. Gedurende later jare was vakansiegangers toegelaat om sekere tye van die jaar, al langs die rye melkhoutbome langs die strandgebied met hul ossewaens, donkiewaens en perdewaens te kampeer. Kampeerders met hul waens het vanaf sover as Bonnievale, Robertson, Montaque, Caledon, Napier, Stanford en Gansbaai gedurende die Kers- en Nuwejaar- vakansie hier op Uilenkraalsmond kom uitspan.

 

By Uilenkraalsmond was geen geriewe nie. Daar was geen lopende water of sanitasie beskikbaar nie. Water was vanaf die huidige Franskraal plaas aangery. Families en vriende het mekaar elke jaar by hierdie oord ontmoet en dan  het dit jolig gegaan. Waar die oord se winkel vandag is, was die destydse dansbaan en daar is gedans tot die son opkom. Wanneer die vakansie verby was, was hierdie plek nie meer ’n dansbaan nie maar ’n swart sandgat.

 

Kampeerders het toe kamp opgeslaan waar en soos hulle geargiveer het. Geen kampeergelde was betaalbaar nie. Kampvure was aan die orde van die dag en lanterns en stormlampe het lig verskaf. Trekdiere was snags langs die disselbome vasgemaak en het uit kripsakke gevreet wat oor die disselboom van ’n wa gedrapeer was. Bedags het die trekdiere hier op die uitspanning gewei. Die jong manne moes sorg dat hulle nie wegloop  nie. Kampeerders het gewoonlik sowat vier weke hier vakansie gehou en voordat die skole weer heropen het, is die pad huis toe aangedurf.

 

Gedurende die 1930’s het die pedal-Fordjies en Chevfies die vervoer geword. Die waens het stadigaan verdwyn en die mense het in tente begin kamp. Soos in vandag se tye het Paasnaweek toe reeds baie  besoekers gelok.

 

Gedurend die 1940’s is sekere geriewe deur die Afdelingsraad van Bredasdorp aangebring. Opslaan-toilette, wat oor syfergate aangebring was, is opgerig, Waterkrane was op strategiese plekke geplaas. Strukture wat “donkies” genoem was, is aangebring. ’n “Donkie” is ’n vuuroond waarop ’n silinder vol water geplaas is en wat warmwater aan kampeerders verskaf het vir badwater en skottelgoed. As gevolg van genoemde geriewe is daar gedurende die tyd  tydelike personeel aangestel  wat bestaan het uit ‘n opsigter en ’n paar arbeiders. Om die koste te dek is ’n daaglikse tarief van ’n “halfkroon”(+/-  25c) ingestel. Die opsigter het die tariewe ingevorder en die arbeiders het die oonde vir die warmwater gestook. Die heel eerste opsigter van die oord was oom Arrie Fourie van Napier en later het oom Casper Geldenhuys hom opgevolg. Beide dié legendes is jare gelede al oorlede.

 

Gedurende die  1950’s het vakansiegangers karavane begin aanskaf en het  tente stadigaan begin afneem. Kampeerders het nie meer net van die omgewing en naburige dorpe gekom nie, maar vanaf die hele Republiek en selfs so ver as Namibië.

 

Gedurende 1968 is ’n permanente pos vir ’n opsigter te Uilenkraalsmond geskep. Oom Gert Terblanche, wat vanaf Montaque afkomstig was, is in die pos aangestel. Hy het sy intrek geneem  in die huidige opsigters-woning(aangrensend die kantoor). Oom Gert was baie streng  en het geen losbandigheid  toegelaat nie. Hy het trots daaruit geput om die oord te ontwikkel. Hy het talle bome  aangeplant, vandaar  die Bloekombome wat vandag nog hier te sien is. Hy het plotte afgemeet en genommer. Sedert daardie tyd moes staanplekke vooraf bespreek word teen ‘n  betaling van R 30 per jaar. Later is permanente staanplekke aan gereelde kampeerders toegeken, staanplekke wat vandag nog bestaan.

Oom Gert Terblanche het in  1983 afgetree en hy en sy eggenote het by sy seun, Ds. Van Zyl Terblanche in Vasco gaan.  Hy is  reeds oorlede.

 

Mnr Liebenberg het hom opgevolg en was oordbestuurder  vanaf 1983 tot 31 Oktober 1998 toe hy met pensioen afgetree het.

Mnr. W.G. Liebenberg  was assistant-oordbestuurder  vanaf 1983  en het in  2003 die tuig neergelę.

Mnr Charles Skog was die kampopsigter vanaf 1983 tot 1998 en het as gevolg van mediese ongeskiktheid die tuig neergelę. Me. Skog het gedurende die tyd  in die kantoor gewerk.

 

Mnr Gielie Lourens het gedurende 1999 as tydelike oordbestuurder waargeneem. Hy is in 2000 opgevolg deur Mnr. Eddie Pietersen. Sedert 2001 is Mnr. Du Plessis die oordbestuurder.

 

PLETTENBERG HUISE ...

 

Hier volg so ‘n kort uiteensetting van die ontstaan van die Plettenberghuise.

Gedurende  Julie 1978 vra CI Parkhomes vir toestemming om Plettenberghuise  in die kamp op te rig. Schus Sprite Caravans was van plan om Plettenberg karavane op te rig en aan die publiek te verkoop maar op 27 Oktober 1980  word dit geweier.

Op 18 Mei 1983 word die beginsel van oprigting goedgekeur, onderhewig aan voorwaardes wat uitgeklaar moes word.

Op 21 September 1983 word toestemming gegee tot die oprigting van Plettenberghuise. Die voorwaardes soos uiteengesit bepaal dat die eienaar self sal voorsien in krag,water en eie ablusiegeriewe. Die eienaar sal ook meer huurgeld moes betaal.

 

RIVIERMONDING ...

 

        Voor 1973 was daar ’n hangbrug oor die rivier wat deur voetgangers gebruik is.

        WNNR sę op 9 Oktober 1980 dat sedert die padbrug in 1973 gebou is, daar probleme ontstaan het met die monding van die rivier.

        Keur bou van keermuur af en vra dat dit verwyder word.

        Op 18 Januarie 1978 besluit die raad om kosteberamings te bekom vir die opstoot van die duine ten einde die monding weer oop te maak vir normale vloei.

 

PARKERING ...

 

Die Raad(CAR) wou parkeerterrein op die duine maak, maar die WNNR keur dit af op 9 Oktober 1980.

 

HUUR VAN DIE WINKEL ...

 

        In Augustus 1970 word besluit om die tender van Mev. S J Basson te aanvaar vir ‘n periode van 5 jaar, teen R 500 per jaar. Sy neem besit op 1 September 1970.

        Op 19 November 1975 word besluit dat ’n woonstel gebou word vir die gebruik deur die huurder van die winkel.

        Op 20 Junie 1979 word tenders aanvaar vir vergroting van die kombuis.

        In Julie 1983 word die winkel aan D J Engelbrecht verhuur vir 5 jaar teen R 3010 per jaar.

 

TOEGANGSHEK TOT DIE STRANDGEBIED ...

 

        Op 16 September 1970 word besluit om die toegangspad te deproklameer om voertuie weg te hou van die strand af.

        Gedurende Desember 1972 en 1973 rig verskeie huurders petisies aan die raad oor die motorverkeer op die strand en die gevare wat dit vir strandgebruikers inhou.

        Op 20 Julie 1977 word besluit dat toegang van motorvoertuie tot die strand, verbied word.

        Die toegangshek vanaf Franskraal is toegemaak in November 1977 omdat die pad verspoel het.

        Op 14 Desember 1977 word die besluit  van 20 Julie 1977 herroep en word toegang tot die strand gelaat in die hande van die Opsigter.

        Op 15 Oktober 1980 besluit die raad eenparig dat die toegangshek tot die strandgebied gesluit word vir voertuig verkeer en dat geen voertuie van vakansiegangers op die strand toegelaat sal word nie.

 

ELEKTRISITEITSVOORSIENING ...

 

        In Oktober 1970 word  tenders aangevra vir verskaffing van masjinerie vir opwekking van elektrisiteit vir gebruik deur die oord.

        Op 23 Oktober 1975 dien die ingeneurs Gawlowski,  de Villiers en Vennote verslag in oor die moontlike voorsiening van elektriese krag aan die plettenbergs, kantoor, winkel, en strate.  As gevolg van die finansiële implikasies, word  daarteen besluit.

        Op 20 Oktober 1970 word Provinsiale magtiging gevra vir ‘n lening, vir die aanlę van elektriese krag vanaf Gansbaai.  Die koste verbonde aan ‘n oorhoofse lyn beloop R80 000.

        Op 14 Desember 1983 word  ’n aansoek van ’n groep kampeerders wat op eie koste elektrisiteit wou laat aanlę hanteer en dit word goedgekeur. In die ou gedeelte van die kamp is daar toe kraglyn met ‘n kapasiteit van 5 ampčre aangelę wat latere jare na 15 verhoog is.

 

WATERVOORSIENING ...

 

        In Oktober 1966 lę die ingenieursfirma, Truter & Vennote ‘n verslag voor aan die  Gansbaaise munisipaliteit oor die waterbron wat bekend staan as Klipgat. Volgens beraming sou sowat  360 000 gellings water per dag gelewer kon word aan die gebied  en dit sou  voldoende wees vir  die volgende 30 jaar. Eers later, op 21 Maart 1973 word besluit om die Klipgatskema saam met die Gansbaaise mumisipaliteit aan te pak.

        Op die raadsvergadering gehou op  Desember 1970 word berig dat Uilkraal se boorgat op Franskraal meent voldoende water kon lewer en indien nodig, dit verder ontwikkel sal word.

        Op 20 Oktober 1971 word lewering van drinkwater uit die Franskraalse dorpskema aanvaar. Minimum van 1 miljoen gellings per jaar, teen ‘n koste van 77c per 1000 gelling word toegestaan.Water is vanaf Franskraal na ‘n resevoir in Uilkraal gepomp. Die reëling is in 1972 uitgeskakel.

        Op 21 November 1973  word waterbeperkings vir die eerste maal op Uilkraal ingestel. Daar word bepaal dat storte net tussen 7 - 9nm gebruik mag word.

        In Junie 1974 onderhandel die raad vir die oprigting van ’n reservoir op Franskraal plaas.

 

 

AFBAKENING VAN PERSELE ...

 

        Tot 1970 het kampeerders in busse, karavane en tente op Uilkraal kom vakansie hou. Hulle het na willekeur kamp opgeslaan. Soms het die  opsigter plekke aangewys. Dit was hoofsaaklik in die gebied, vandag bekend as die”ou kamp”.

        Baie van hierdie busse en karavane het sommer net daar bly staan na die vakansie en die raad het later begin om ‘n fooi daarop te hef.

        In Januarie 1972 begin die destydse opsigter, Mnr. Gert Terblanche, met die uitmeet van persele sodat kampering meer ordelik kon geskied. Hierdie was slegs karavaan- persele en die permanente persele van vandag,  is eers jare later ondersoek.

        Op 20 November 1972 word besluit dat karavane wat permanent op Uilkraal geparkeer word, slegs deur eienaars self gebruik mag word. Indien ander persone dit ook gebruik het, sou ‘n  normale kampfooie bebetaal wees. Daar was toe sowat 40 van hierdie karavane op die kampterrein.

        Op 19 September 1973 word besluit om ’n perseel aan die ACSV te verhuur vir ‘n tydperk van 20 jaar, teen ‘n koste van  R 40 per jaar.

        Op 2 Junie 1975 ontvang die raad ‘n skrywe van die Provinsiale Administrasie wat handel oor verblyf in woonwaparke. In gevolge hiervan was persone verbied om vir langer as ses maande per jaar te bly  en was daarop  gemik om die vestiging van permanente gemeenskappe in woonwaparke teen te werk. Teen April 1978 was daar reeds sowat 98  permanent karavane op Uilkraal.

        Op 17 Januarie 1979 kom dit onder die raad se aandag dat van die  ongeveer 120 semi-permanente huurders begin het met die oprig van meer permanente  strukture. Dit was in  stryd  met die raad se bouregulasie van 1957 en ook teen die beleid van die Povinsiale Administrasie.

        Op 21 Februarie 1979 word besluit dat slegs 500 persele beskikbaar gestel sal word vir kampering van watter aard ook al en dat slegs ag persone per perseel toegelaat word. Indien meer as agt persone teenwoordig was moet ‘n ekstra fooi betaal word.

        Slegs twee voertuie per perseel word toegelaat.

         Op 21 Februarie 1979 word ‘n geregistreerde  omsendbrief aan alle huurders gerig aangaande onwettige bouwerk/strukture. Die huurders word tyd tot 30 Junie 1979 gegee om alle onwettige bouwerke/strukture te verwyder. Heelwat bohaai het hieroor gevolg!

        Gedurende April 1979 word die “Uilenkraalsmond Permanente Huurdersvereniging” gestig met die uitsluitlike doel om  onderhandel oor die behoud van die tydelike strukture. ’n Spesiale vergadering saam met Raadslede is belę vir 14 April 1979, maar geen finaliteit kon bereik word nie.

        Min huurders steur hulle aan die eis en gevolglik word besluit om uitstel  tot 31 Oktober 1979 te verleen. Op 15 Augustus 1979 besluit die raad om die saak na Provinsie Administrasie te verwys.

        Op 20 Julie 1979 verskyn die Provinsiale  Kennisgewing 520/1979. Die volgende bepaling geld:  “Nieteenstaande die bepalings van Art 37A kan 10% van die totale getal persele in enige woonwapark tot ’n maksimum van 10 persele, watter ook al minste is, afgesonder en permanent deur woonwaens geokkupeer word”.

        Op 18 September 1979 kry  die opsigter opdrag dat geen  verdere  karavane  op  die

         6- maandelikse huurbasis toegelaat moet word nie.

        Tydens ‘n Raadsvergadering van 19 September 1979 word die eerste tien persele toegeken teen ’n verhoogde tarief.

        Op 11 Desember 1979 neem die Raad kennis van skrywes van die Huurdersvereniging en besluit verder dat uitstel tot 30 Junie 1980 verleen sal word vir die wegdoen van die ongemagtigde strukture.

        Op 18 Junie 1980 neem die Raad kennis dat feitlik alle onwettige strukture verwyder is. Die Raad aanvaar ook die aanbeveling dat Uilenkraalsmond eerder as ’n gewone kampeerterrein omskryf moet word omdat dit nie aan die vereistes van ’n woonwapark voldoen nie.

 

STRANDHUISE / CHALLETTS ...

 

        Op 17 Maart 1971 aanvaar die Raad ’n aanbeveling om na die chalets

        te Struisbaai te kyk aangesien daar ‘n soortgelyke behoefte te Uilenkraalmond is. Daar word voorts  besluit  dat die eerste twee strandhuise, teen ‘n koste van R 2000 elk, gebou sal word.

        Op 28 Desember 1972 word tenders vir ‘n verdere 4 strandhuise aangevra. Hierdie 4 strandhuise word in Desember 1973 in gebruik geneem.

        Op 17 April 1974 word besluit dat ’n verdere 10 strandhuise opgerig gaan word. Tenders word op 31 Desember 1974 aangevra.

        Op 9 Julie 1975 word besluit dat onbespreekte vakansie strandhuise aan amptenare van die Raad beskikbaar gestel mag word teen die helfte van die normale tarief.

        Op 17 September 1975 word besluit dat ondersoek ingestel moet word na die voorsiening van elektrisiteit aan strandhuise.

        Op 14 November 1975 word die opsigter in kennis gestel dat visname gebruik sal word vir die strandhuise.

        Op 19 April 1978 word besluit om die gas-installasies in die strandhuise te verkoop aangesien die huise nou van elektrisiteit voorsien was.

        Op 14 Desember 1978 neem die Raad kennis van voorstelle dat ’n verdere 12 strandhuise gebou kan word, maar op 21 Februarie 1979 word daar net op 6 besluit.

        Teen Desember 1982 was daar reeds 40 strandhuise gebou en die beraamde inkomste uit die strandhuise se verhuring sou  daardie seisoen R 23 100 beloop. Mense van sover as Stilfontein, Pretoria, Verwoerdburg, Alberton, Nylstroom, Palaborwa en natuurlik vanuit die Kaap self, het hier kom vakansie hou.

 

BEGROTING ...

 

Die beskikbare begrotings syfers word as volg weergegee:

 

JAAR

INKOMSTE

UITGAWE

TEKORT

OORSKOT

1969

R 7 141

R 6 708

 

R 433

1970

R 9 092

R 17 633

R 8 541

 

1971

R 11 576

R 18 177

R 6 601

 

1972

R 19 892

R 25 666

R 5 774

 

1973

R 25 049

R 29 340

R 4 291

 

1974

R 38 326

R 56 762

R 18 436

 

1975

R 45 301

R 63 718

R 18 417

 

1976

R 56 482

R 68 408

R 11 927

 

1977

R 65 813

R 82 572

R 16 759

 

1978

R 65 963

R 79 395

R 13 801

 

1979

R 67 048

R 81 971

R 14 922

 

1980

R 112 017

R 106 838

 

R 5 178

1981

R 119 361

R 116 962

 

R 2 397

1982

R 230 239

R 277 533

R 47 293

 

 

Lenings uitstaande op 30 Junie 1983 was R 411 667.

 

        Op 18 April 1972 doen die Provinsiale Admininistrasie ‘n beroep op die Raad om ‘n  ernstige pogings aan te wend om Uilenkraalsmond winsgewend te bestuur sodat die park sy eie uitbreidings kon finasieer.

        Op 20 Februarie 1974 word goekeuring verleen dat  ’n eie posbus vir Uilenkraalsmond gehuur word.

        Op 20 Maart 1974 word besluit  om die eerste bakkie vir ‘n bedrag van R 1 650 aan te koop.

 

UITLEG ...

 

Die kampeerterrein van die oord is geleë op die plaas “U K R West No 708”. Die vermoede is dat dit staan vir: “Uilenkraalsrivier Wes No 708”. Die oostelike grens van die park is ongeveer 1,6 km vanaf die rivier se monding. Dit beteken dat dit  geleë is op “Uilenkraalsrivier Oos No 706”

 Die Raad wat in beheer was van Uilenkraalsmond, het bekend gestaan as CAR.

Openbare oorde word georden en gereguleer kragtens Die Ordonnansie op Openbare Oorde [29 van 1964] gedateer 29 Mei 1964 en die wysigings daartoe, gepromulgeer in September 1971.

 

ABLUSIEGERIEWE ...

 

Voor 1970 het daar geen vorm van ablusiegeriewe bestaan nie. Warmwater is in ‘donkies’ gemaak en aan kampeerders verkoop.

 Aanvanklik  is put-latrines gebou en was die voorlopers van die hedendaagse klein toiletblokke. Die put-latrines is in 1971 oorgeskakel na spoellatrines wat eenvoudig net in die omliggende sandgrond moes dreineer.  In 1972 word ’n trekker en ’n vragwa aangekoop vir die wegry van die afval water, want teen daardie tyd het die grond  versadigingspunt bereik. Op 23 Augustus 1972 word besluit om die eerste twee volledige ‘reinigingsblokke’ op te rig. Die totale koste verbonde was  R20 000. Op 20 November 1974 word besluit om ’n suigtenk-vragmotor aan te skaf. Op 31 Desember 1974 word  tenders gevra vir die oprigting van stortgeriewe-blokke. Teen Oktober 1975 was daar reeds 5 ablusieblokke in gebruik. Op 15 Maart 1978 het die Raad tenders aanvaar vir die installering van oliebranders vir waterverhitting in die ablusiegeriewe. Die koste daaraan verbonde was      R12 986 en die diesel het R 1200 per jaar gekos. Afval en rioolwater is op die plaas van Johnnie Lourens gestort. Die plaas staan vandag bekend as “Die Stal”. Op 16 Februarie 1983 het die Raad in beginsel die aansoek om private ablusieblokke vir sekere huurders goedgekeur, maar sekere regsaspekte moes eers uitgeklaar word. Op 4 Maart 1983 het die Raad ’n petisie van ontevrede huurders ontvang oor die swak en vuil ablusiegeriewe.

 

SMOUSE ...

 

Op 18 Oktober 1972 is besluit dat geen smouse van enige aard binne die kampeergebied toegelaat sal word nie. Geen handel op sypaadjies was toegelaat nie.

 

DIERE ...

 

In Oktober 1974 is daar besluit dat geen honde in die oord toegelaat sal word nie.

 

DANSPLEK ...

 

Die Oord-opsigter  het  in 1974 aanbeveel dat ’n alternatiewe dansplek, weg van die winkel, geskep word. Op 19 November 1975 is daarteen besluit. Die bestaande dansplek voor die winkel is opgeknap en daar is op 17 November 1982 besluit dat daar ’n disko bedryf mag word onderhewig aan sekere voorwaardes. Musiek moes  12nm gestaak word,  klank mag nie ’n oorlas wees nie en geen musiek mag op 16 en 25 Desember, asook Sondag gespeel word nie. As huurders nie by hierdie voorwaardes gehou het nie, mag die Opsigter hul kragtoevoer afskakel.het.

Op 21 September word besluit dat die diskobaan aan D J Engelbrecht verhuur sal word.

 

ANDER ...

 

Op 2 Februarie 1976 word ‘n skrywe van die Provinsiale Admin. ontvang oor die moontlik oorname van Theewaterskloof vanaf Waterwese. Die behoefte was daar om dit te ontwikkel tot ’n volwaardige oord. Hierdie versoek is op 18 Februarie 1976.

Op 16 November 1978 word ‘n besluit vir ‘n  Snoepwinkels op uitspanningsterreine goedgekeur.

Op 16 Januarie 1980 het die Raad besluit dat die bestaande woonhuis van die Opsigter nie herstelbaar is nie en dat ’n nuwe een so spoedig moontlik gebou moet word.

In Mei 1982 keur  Provinsiale Admin.  ‘n lening goed vir die oprigting van arbeidershuise op Uilkraal.

Op 19 Januarie 1983 het die Poskantoor twee bykomende oproepkantore opgerig.

 

BOUREGULASIES ...

 

Alle regulasies m.b.t. geboue is vervat in die Provinsiale Koerant 598/1957 gedateer 25 Oktober 1957.

 

 

ONTSPANNINGSAAL ...

 

Gedurende Julie 1982 rig die NG Gemeente Gansbaai ’n versoek tot die Raad vir die daarstelling van ’n gemeenskapsaal te Uilenkraalsmond. Dit sal vir kerkdienste en ander aktiwiteite gebruik word. Die kosteberaming het R 43 663 beloop maar die Raad het op daardie stadium nie die finansies daarvoor beskikbaar gehad nie. Op 17 November 1982 word die Raad ingelig  dat NG Gemeente Gansbaai R 1000 per jaar vir die volgende 15 jaar sal bydra tot die befondsing van die saal.

Op 17 Augustus 1983 word daar teen bogenoemde aanbod besluit. As so ’n saal opgerig sou word, sou dit op ’n 10 jaar huurtermyn geskied, dit sal gemeenskaps gerig wees en die Raad sal steeds die beheerliggaam daarvan wees. Op 23 Februarie 1984 is daar besluit om die oprigting van die saal eers agterweë te hou weens die gebrek aan voldoende fondse. Die oprigting van die ontspanningsaal wat vandag bekend staan as die “Uilenkroeg” of “Owl’s Pub” is daarna in 1985 wel goedgekeur. Frankel Engelbrecht het die gebou opgerig en die huurkontrak vir die daaropvolgende vyf jaar gekry. Die huurkontrak het sekere voorwaardes bevat: Afgesien van ontspanningsgeriewe soos dans, tafeltennis, snoeker, ens. moet die saal gratis beskikbaar gestel word vir kerkdienste en vergaderings van die Uilenkraalsmond se Kampvereniging (kampkomitee). Die tweede huurkontrak is in 1995 toegestaan aan  John Clarence. Hy het die waterglybaan, die diskobaan en die Put Put baan bykomend  opgerig.

Die diskobaan is later gesluit agv buitensporige lawaai, drank misbruik en geweld. Daarna is ’n dranklisensie uitgereik wat slegs die gebruik van alkohol binne in die kroeg toelaat en die ontspanningssaal se naam het verander na “The Owl’s Pub”.

 

LEUNHUISE ...

 

Gedurende 1984 het Uilenkraalsmond se kampkomitee vertoë aan die destydse afdelingsraad gerig om karavaantente met Leunhuise te vervang. Toestemming was toe al reeds verleen vir permanente staanplekke teen huurgeld van R30 per jaar. Goedkeuring is verkry om leunhuise aan te bring op voorwaarde dat ’n leunhuis die vorm moet aanneem van ’n karavaantent. Bou kontrakteurs soos Best Bou en talle ander privaat persone het van hierdie leunhuise opgerig. Na aanleiding van vertoë in 1986 deur die kampkomitee om die voorkoms van leunhuise te verander en ook afdakke of stoepe op te rig is goedgekeur. Talle van hierdie strukture is nog sigbaar in die oord.

 

Watervoorsiening is  in 1986 teen die betaling van R 100 per plot aangelę. Huurders het toe vanaf hierdie pypleidings wasbakke met krane in die leunhuise, onder afdakke en selfs buite op hul plotte aangebring. Dit het baie ongerief uitgeskakel.

 

Paaie in die oord was meestal grondpaaie  en was in ’n baie swak toestand. Die vernaamste paaie in 1987 met teerpaaie vervang. Hierdie paaie is intussen weer versool. Sodra voldoende fondse weer beskikbaar is, sal dit weer aandag geniet.

 

STRAATNAME ...

 

Gedurende 1996 het die kampkomitee met die destydse distriksraad onderhandel om aan die strate name toe te ken. Besoekers en besighede het veral probleme ondervind om plotte van huurders te vind. ’n Ooreenkoms is bereik en ’n voorlegging is gemaak dat alle straatname bekende voëlname moet kry. Die name sal in beton blokke gegraveer word en by alle ingange geplant word. Die Streekdienste Raad het alle onkoste gedra en die kampkomitee het die nodige beplanning en bestellings uitgevoer.

 

ELEKTRISITEIT ...

 

Vertoë is gedurende 1993 deur die kampkomitee aan die Overbergse Streekdienste Raad in verband met die voorsiening van elektrisiteit aan huurders te Uilenkraalsmond, gerig. Die bedrag van R 3000 per plot was deur die Streeksdienste Raad voorgestel, maar huurders kon nie almal hierdie bedrag bybring nie. Gedurende 1994 het die kampkomitee besluit om ’n opname te maak van huurders wie almal belangstel in elektrisiteit. ’n Opname is deur die voorsitter, Mnr. Hein Cronje en die tesourier, Mnr. Christie Fick, gemaak. Hierdie opname het van 4 Desember 1994 tot 31 Januarie 1995 geduur. ’n Ingeneursplan van alle plotte is laat opstel en daar is met J & A Elektries te Caledon onderhandel ivm die aanlę van elektrisiteitslyne. J & A Elektries het besluit dat indien 80% van die huurders elektrisiteit wil hę, hul die projek teen R 2000 vir 15 ampčre per plot sal installeer. Toepaslike vorm is laat druk en aan die huurders gepos. Alle korrespondensie en betalings is deur die tesourier van die Kampkomitee behartig. Die verlangde teiken van 80% is bereik en die installering het op 1 Mei 1995 begin. Dit moet gemeld word dat huurders se stowe, koelkaste en vrieskaste dmv gas aangedryf is. Veral koel- en vriesgeriewe het baie probleme veroorsaak, aangesien dit dikwels vir etlike maande nie gebruik is nie en dus nie korrek wou funksioneer nie. Gas, in toestaande wonings, het groot risikos ingehou. Daar was voortdurend moontlikhede vir lekasies en het ook ‘n brandgevaar ingehou.. Elektrisiteit het grotendeels die risiko’s  uitgeskakel. Die nodige transformators en kioske was op strategiese plekke in die oord geďnstalleer en kraglyne was 60cm ondergronds aangelę. Daar was ’n maksimum van 4 huisies op een lyn.

 

Op 6 Desember 1995 het die ligte gebrand, die koel- en vrieskaste het geloop en die radio’s en TV het gespeel. Geen plot in Uilenkraalsmond is vandag sonder krag nie, alles danksy die Kampkomitee. Vertoë is reeds gerig vir die opgradering van die ampčre, aangesien die elektrisiteit op die oomblik nie voldoende is nie.

 

 

RIOOLAANLEG ...

 

Gedurende 2003 is daar onderhandel met die Streekdiensteraad vir die aanlę van riool na elke semi-permanente plot. Owerheidsweë het beswaar gemaak  teen die stort van riool op aangrensende oop gronde. Gedurende  spitstye veral  was dit onhigiënies  en dit het ook die ondergrondse watervlak beďnvloed. Gevolglik is 2 riooldamme aan die Noordekant langs die Hoofweg aangelę. ’n Pompstasie is binne die oord opgerig en alle bestaande ablusieblokke en buite toilette is  daarby aangesluit. Die riool vloei nou deur ‘n hoofafvoer-kanaal na die pompstasie en daarvandaan onder deur die Hoofweg na die riool- suiweringsdamme. Hierdie rioolstelsel het groot finansiële verligting vir die oord gebring,  veral op die gebied van vervoer en arbeid. Gedurende die begin van 2005 is daar  begin met pypleidings na elke plot in die oord. Elke huurder wat wou aansluit by die pypleiding moes ‘n fooi betaal het. Vandag het meeste van die wonings  nou eie bad- en toiletgeriewe. Die 40 chalets op die duine is ook hierby ingesluit. Hierdie projek is op 1 Oktober 2006 voltooi. Die projek is ’n groot finansiële bate vir die oord.

 

UITSPANNINGSAAL ...

 

Gedurende 1990 het die Distriksraad besluit om die stoor wat naby die Raad se abeiderswonings was, af te breek. Dit was baie verwaarloos. Tydens ’n vergadering tussen die Overbergse Distriksraad en die Kampkomitee, het die komitee versoek dat die betrokke stoor  eerder omskep moet word in ’n konferensiesaal. Die  aanbeveling is goedgekeur op voorwaarde dat die komitee 50% van die bedrag ivm die opgradering sou dek. Die koste vir die opgradering het R 90 000 beloop. Die komitee het toe R 45 000 bewillig en die saal is gedurende 1990 gebou. Die Overbergse Distriksraad het  die saal ten volle gemeubileer. Die konferensiesaal is ’n groot bate vir die oord en word baie doeltreffend gebruik vir vergaderings ens. Die saal word ook soms verhuur aan privaat persone. Aangesien die saal in die destydse uitspanningsgebied geleë is, is die naam ‘Uitspanningsaal’ soos deur die kampkomitee voorgestel.

 

STRANDLIGTE ...

 

Aangesien die strandgebied saans donker was en die vakansiegangers graag langs die strand wou gaan loop, is daar versoek dat die strandgebied belig moet word. Die versoek is aanvaar en gedurende 2005 is nodige ligpale op die strand aangebring.

 

SEKURITEIT ...

 

Sekuriteit by Uilenkraalsmond het noodsaaklik geword en  moes toegang tot die oord beperk word. Slegs twee voertuie word per plot word toegelaat. Die ingang was vanaf 1983 deurentyds beman. Permitte is aan alle inwoners uitgereik vir hul motorvoertuie. Amptenare van die Distriksraad het eers die ingangshekke beman. Hulle is later vervang deur sekuriteitswagte van Securiforce.

 

Eienaars van semi-permanente persele is later uitgereik met rekenaargeprogrameerde toegangs-kaarte omdat ’n elektroniese stelsel  by die hek aangebring is. Elke plot kon net twee kaarte kry  teen ‘n koste van R 100.

 

Gedurende spitstye (Kersvakansie, Paasnaweke en lang naweke) moet 1416 parkeerplekke beskikbaar wees. Neem in ag dat twee voertuie op elk van die 587 semi-permanente persele, 110 karavaan staanplekke en 41 strandhuisie, geparkeer moet word.

 

BOUBELEID ...

 

Die Distrikmunisipaliteit en die Kampkomitee is baie gesteld daarop dat Uilenkraalsmond nie in ’n plakkerskamp moet ontaard nie. Daarom is nodige Bouregulasies daargestel en huise mag nie opgerig word sonder goedkeuring van die plaaslike mumisipaliteit nie.

 

Die Boubeleid vir die oord is al dikwels gewysig volgens die behoeftes van die huurders. Gedurende 2006 is daar weer ’n konsep Boubeleid aan die Overbergse Distrikmunisipaliteit voorgelę vir goedkeuring. Onder andere was daar versoeke om wonings se groottes aan te pas by die grootte van die plotte, dakplate op motorafdakke te sit ipv skadunette, ens. Hierdie voorstelle is by etlike vergadering bespreek en uiteindelik is dit goedgekeur. Dit is in werking vanaf 1 Augustus 2006. Afskrifte van die Bouregulasies is by die kantoor van die Oordbestuurder gratis beskikbaar.

 

BOULYNE ...

 

Aangesien daar dikwels onenigheid ivm grenslyne tussen bure ontstaan het, het die kampkomitee versoek dat alle plotte deur ’n landmeter opgemeet moet word en behoorlik afgemerk moet word. Hierdie taak is gedurende 2004 afgehandel en grondplanne is aan huurders voorsien. Die Kampkomitee het ook liasseer kabinette beskikbaar gestel wat in die kantoor van die Oordbestuurder geplaas is met die versoek dat alle grondplanne en korrespondensie wat betrekking het  op huurders se plotte, daarin geliasseer moet word.